Beesvleis stroganoff om van te droom

spaghetti-3176060_1920In die aand as ek my kop neerlê, en my vriend, die droom weer sien, dink ek aan beesvleis stroganoff. Dan praat ek en my vriend oor hierdie wonderlike kos wat jare gelede as goedkoop en gewild gesien was. Ek is bevoorreg om die meeste van my drome te kan onthou. Hierdie besonderse droom was besonders stormagtig. Ek het rondgerol en gesweet onder die warm kombers. Warm as gevolg van my hitte daarin vasgevang en my gewete wat my laat rol. Ek dink aan die bestanddele:

907 g (2 pond) beesfilet
4 eetlepels buitensporige duur botter
1 groot ui, fyngekap
3 eetlepels meelblom
1 huisie knoffel, fyngestamp
Sout en peper na smaak
2 blokkies vleisekstrak opgelos in ‘n koppe tamatiesous
‘n Kwart koppie medium soet wyn
Een en ‘n halwe koppie suur room
227 g (‘n halwe pond) sampioene in ‘n kwart duim skyfies gesny

My droom word al meer rusteloos. Ek dink aan so baie mense wat net sop het om te eet. Ek berei hierdie gereg voor met ‘n skuldige gewete. Ek laat staan dit ‘n paar uur lank met die deksel op. Ek sit dit in die vensterbank sodat die geur van die sampioene en ui in die vleis kan deurdring en niemand dit kan ruik wat verby my venster loop nie. Die huise sit naby mekaar en die strate is smal. Die deksel blink in die maan se weerkaatsende lig en die koue laat my na my winterjas gryp. Die straat ligte gaan skielik aan en die kafee oorkant se neonligte begin flits die woorde van ‘n bekende drankie. Dit is nou donker waar daar geen ligte brand nie. Ek sien ‘n boemelaar onder ‘n karton lê en slaap.

Ek loop terug na my resepteboek toe. Dit se dat jy die vleis moet opsny in dwars skywe, 1.27 cm (‘n half duim) dik en sny elke skyf weer in repies wat 1.27 cm breed is. Braai die vleis vinnig in botter in ‘n swaarboomkastrol bruin. Dit moet buite om bruin, maar binne nog halfrou wees. Skep die vleis uit, voeg nog botter by en sorteer die ui tot goudbruin (ongeveer 5 minute). Verwyder van die hitte af, voeg die meel, knoffel sout en peper by en roer totdat dit glad is. Voeg die aftreksel geleidelik by, asook die tamatiesous wyn en suurroom. Verhit tot kookpunt en verminder dan die hitte. Laat vir 5 minute stadig kook en voeg dan die sampioene en vleis by. Kook baie stadig totdat die sous en vleis warm is.

Ek kyk weer by die venster uit. Dit is koud. Ek verbeel my ek sien duisende mense staan oorkant op ‘n heuwel en my dophou in die kombuis. Hulle staan daar met instrumente in hulle hande. Musiekinstrumente. Hulle lyk eensaam en bleek. Hulle staan doodstil. Geen geluid kom van hulle kant af nie en daar is ‘n doodse stilte. Ek wil hulle help, maar ek weet nie wat om vir hulle te se nie. Ek praat met hulle maar daar kom geen woorde uit nie. Hulle stilte het my aangetas. Ek sien dat hulle in my rigting buig. Hulle koppe hang. Ek hoor die kerkklokke lui en lees die boodskap op die kerk se advertensiebord. Dit is die woorde van ‘n profeet. Die duisende sien dit ook raak en begin fluister. Hulle gebede word verdoof deur die geluid van kerkklokke en die gedreun van voertuie. Nog ‘n dag van bedel het vir hulle aangebreek. Hulle eindtyd het reeds aangebreek, ons sin kom nog. Hulle wag vir ons.

Ek lees verder. Dien op saam met rys bros blaarslaai, avokadopeer en groen soetrissie wat saam met Franse slaaisous gemeng is. Ek rol van die bed af en word wakker. Ek sal vandag iets doen vir die gemeenskap. More aand is dit dieselfde storie “Hello droom, my old friend, I have come to talk with you again.”

“Coming out of your comfort zone is tough in the beginning, chaotic in the middle, and awesome in the end…because in the end, it shows you a whole new world.” – Manoj Arora

Kom ons help mekaar.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s